Die Brug
Autor: | Deon Lamprecht |
---|---|
EAN: | 9781928248095 |
eBook Format: | ePUB |
Sprache: | metaCatalog.groups.language.options.afrikaans |
Produktart: | eBook |
Veröffentlichungsdatum: | 15.07.2020 |
Untertitel: | Na die hel en terug in Angola |
Kategorie: | |
Schlagworte: | 61 Meg Angola Bosoorlog Cuito Cuanavale Grensoorlog Mielie Meiring Ratel Suid-Afrikaanse Weermag Suidwes Swapo Tumpo Unita brug dood post-traumatiese stres |
12,49 €*
Versandkostenfrei
Die Verfügbarkeit wird nach ihrer Bestellung bei uns geprüft.
Bücher sind in der Regel innerhalb von 1-2 Werktagen abholbereit.
In vergeelde foto's van drie dekades gelede staan oop gesigseuns vol bravade voor hul Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg. In 'n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doods akker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing. Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer 'n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin 'n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het. Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook 'n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is 'n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
DEON LAMPRECHT is 'n joernalis en die skrywer van die top verkoper Tannie Pompie se oorlog.
DEON LAMPRECHT is 'n joernalis en die skrywer van die top verkoper Tannie Pompie se oorlog.