Op 'n stormsee

Die waters om die Suid-Afrikaanse kuslyn word as van die gevaarlikste ter wêreld beskou. Wisselvallige weerstoestande, sleurstrome en fratsgolwe is van die faktore wat mense in lewensgevaar laat beland en soms tot tragedies lei. Ongeag die gevaar, is die dapper vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut egter altyd bereid om hul eie lewens op die spel te plaas om ander mense te red. Hulle sal dikwels in gure weer en in die donker en ysige koue uitvaar en alles in hul vermoë doen om mense veilig terug te bring. Die boek bevat 'n versameling stories oor waagmoedige reddingspogings gevul met drama en gevaar. Van brandende skepe tot haaiaanvalle en sinkende vistreilers - dit is die verhaal van die mens se ewige stryd teen die see.

TONY WEAVER is 'n veteraanjoernalis en voormalige assistent-redakteur van die Cape Times. Hy is 'n jare lange bewonderaar en vriend van die NSRI.

Weitere Produkte vom selben Autor

Download
ePUB
Into a Raging Sea Tony Weaver, Andrew Ingram

9,49 €*
Thinking About Homeschool? Weaver, Tony, Weaver, Robin

12,50 €*